Vatikaanse Museums

Vatikaanse Museums
'n Beeld van die museum.
Die Vatikaanse museums soos gesien vanaf die koepel van die Sint Pieterskerk

Plek Vatikaanstad
Land Vatikaanstad
Openingsjaar 1506
Geopen deur Pous Julius II
Tipe museum Kunsmuseum
Webtuiste www.museivaticani.va
Die Vatikaanse Museums vanaf die buitekant

Die Vatikaanse Museums (Italiaans: Musei Vaticani; Latyn: Musea Vaticana) is die openbare museums van die Vatikaanstad, enklawe van Rome. Hulle vertoon werke uit die enorme versameling wat deur die Katolieke Kerk en die pousdom deur die eeue versamel is, insluitend verskeie van die bekendste Romeinse beeldhouwerke en belangrikste meesterstukke van Renaissancekuns in die wêreld. Die museums bevat ongeveer 70 000 werke, waarvan 20 000 ten toon gestel word, en het tans 640 mense in diens wat in 40 verskillende administratiewe, wetenskaplike en restourasiedepartemente werk.[1]

Pous Julius II het die museums in die vroeë 16de eeu gestig.[2] Die Sixtynse kapel, met sy plafon, altaarmuur wat deur Michelangelo geskilder is en die Stanze di Raffaello (Raphael-kamers) (geskilder deur Raphael) is van die meesterstukke wat die besoeker kan besigtig op sy of haar roete deur die Vatikaanse Museums.[3]

In 2023 is die Vatikaanse Museums deur 6.8 miljoen persone besoek,[4] tweede op die lys van die mees besoekte kunsmuseums ter wêreld na die Louvre, en derde op die lys van die mees besoekte museums ter wêreld[5]

Die museums beskik oor 24 galerye, of kamers, met die Sixtynse kapel as die laaste kamer.[6]

  1. Jatta, Barbara (16 Oktober 2016). "The Vatican Museums: transformation of an organisation" (PDF). Vatican Museums. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2017. Besoek op 29 Augustus 2017.
  2. Bianchini, Riccardo (30 Augustus 2017). "Vatican Museums – Rome". Inexhibit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2022. Besoek op 30 Augustus 2017.
  3. "Musei Vaticani and Cappella Sistina". Time Out Rome (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2023. Besoek op 17 Oktober 2021.
  4. "Vatican Museums: attendance 2022". Statista (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2024. Besoek op 28 Januarie 2024.
  5. The Art Newspaper besoekersopname, 27 Maart 2023.
  6. "The Vatican Museums". www.romesightseeing.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2021. Besoek op 16 Oktober 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search